Wednesday, May 18, 2011

mymer deurmekaar

het nie meer ‘n glimlag vir more
more is gister
en gister was grys

geen glimlag vir more
more is doelloos
gister is soos more

soos papier in jou hand

prent om te kleur
papier om te skeur
frommel my weg in ‘n hoek
maaar my hart bly soek

prent om te kleur
papier om te skeur
bly skeur en skeur
en verkleur

papier geskeur
prent ontkleur

hensopper

vir liefde sal ek hensop
vir liefde sal ek sterf

deur verraad sal ek kwyn
deur jou hand het ek gesterf

Tuesday, May 3, 2011

2 wette geld

Hoe kan jy my noem rassis
as al wat uit jou mond kom
vol gal en stories is?

Hoe kan jy wegkom met jou streke
want as dit ek was
was ek al agter tralies?

Hoe kan jy so los en vas praat
en mense so opsweep
dat hul ‘n man agter sy eie bakkie sleep?

Hoe kan jy nie ‘n rassis wees
as jy die vure hoog bly stook
met omgedraaide stories?

Hoe kan 2 wette geld
vir presies dieselfde
vir mense wat in die land woon?