Monday, July 23, 2007

blaarstof

nog ‘n blaar op die grond
verdroog in die son
dwarrel weg in die wind
stamp stukkend teen die muur

nog ‘n blaar op die hoop
brand in die vuur
verdwyn saam die wind

tel die enkellopendes

6 stoele om ‘n cafétafel
4 mense wat daar gesels
2 afwesig
1 is almal

soos papier in jou hand

prent om te kleur
papier om te skeur
frommel my weg in ‘n hoek
maar my hart bly soek

prent om te kleur
papier om te skeur
bly skeur en skeur
en verkleur

papier geskeur
prent ontkleur

Wednesday, March 28, 2007

Strictly no flowers at the grave

barely have I brushed aside solemnly the mask I wake
and let you see the spirit free,
when fate took thee to Pearly Gates
and let your spirit flee,
we mourn for thee in blossoms new
share your lessons with all come new

in die Stilte vang Visse mense

… as dit so stil is
voel dit asof ek op ‘n rots
in die middel van ‘n onstuimige see sit,

sout , eet my oë
en water, wil my meermin maak…

al wat my bo hou,
is vrees vir die ewigdurende stilte,
die donker isolasie

‘n pêrelskulp omboei my hart.
so, keer ek terug na vasteland.

vasteland wil nog troos
skulp wegwring,
maar ampervis is nie meer heelmens…
gril vir warm troos
swem eerder in donker poel

…as dit so stil word,
verlang ampervis om weer heelmens te wees!

wil die sprokie hê

wil die sprokie hê
maar glo nie in sprokies

maan en sterre
is net ‘n halwe sprokie,
ek, wil die hele sprokie hê!

al lyk ek soos Sneeuwitjie,
is ek eintlik Aspoestertjie –
sonder sprokie

ek wil die sprokie hê,
‘n gelukkige einde,
maar sprokies is sprokies
en die lewe, die werklikheid!

Swarttyding Oupa Venter

Dood tref die familie –
hartstilstand en stilte

swart kringe om die oë
grys kringe om die mond
somber kleure aan die hand

stil is sy stem
veraltyd

verdwaas maal almal saam om die oop donker gat

stadig sak die kis
in die pens van die aarde
om sy vonds tot stof
te laat terugkeer

LAAIE vir PS

jy’t laaie oopgetrek
wat ek gesluit het
nou los jy hulle weer oop
en weer leeg

De Goewerneur

Ek bui my knie vir die heer Tulbagh.

Sielsmarterling is al die musea
en kelders vol wyn,
maar De Oude Drostdyhof se poskaarte verskil
van die meubels in die vertrek!

Moederstad

Moederstad,
raas met jou kind
waarop die meeue sweef
en jou besoekers steier.

Is jou kind dan siek,
toegewoel in ‘n wit kombers?
Al daardie medisyne,
troos dit darem?

Jou badwater is sout
en jy’t te veel speelgoed daarin.

en die kasarm van ‘n kasteel,
dra jy dit met trots –
maar is dit nie swaar?

Progressie na Een

‘n Duisend folios,
drie-duisend woorde
en
twee name,
- vier woorde –
en
een
geluk

Onreg teen ‘n kind

skreiend –
ten hemele skreeu dit:
“Die onreg teen ‘n kind!”

rou leed
oor haar gesig gekrap

oë wat skreeu:
“Dis onreg teen ‘n kind!”

alter Lugstroom

vandag, vanmore, vanaand
voel ek soos albatros
hoog
in stormlug
rondslinger-slinger

Lugstrome swiep
weg,
laat v e r w a r d.

Lugstroom

Vanaand
voel ek soos ‘n albatros
oor ‘n onstuimige see
hoog
in stormlug
rondslinger-slinger

Lugstrome swiep
weg,
laat v e r w a r d.

Sunday, March 18, 2007

soos ‘n Modjadjipalm

soos ‘n Modjajipalm troon sy majestueus.
‘n Bosreus.
‘n See van takke wat uitreik
‘n Hand vol liefde in elke aanraking of gebaar
- net vir jou!

soms lyk sy skurf en vol dorings,
maar binne, lewe sy, groei sy
- net vir jou!

anderkere word sy rondgeswaai in die wind,
maar sy is verdraagsaam
en bly staan.

Wanneer die son fel neerpyn,
is sy ‘n sonsambreel.
en as ‘n warm traan neerplof
vee sy teer oor ‘n sproetgesig

Soveel omgee is in haar
Dat sy ‘n lang lewe streef.
Deur dor of oorvloed jare
staan sy by ‘n jong Modjadji

www.mytafel.com

my naam is ek@mytafel.com
my vriende is gesiglose virtuele mense
met virtuele name
en ons kuier in virtuele kletskamers

ek, ek@mytafel.com
is een van die gesiglose skakels
in die wye netwerk

Kliek-kliek

einde van die maand.

inkopies by picknpay.coza / tuisaflewering
kliek-kliek
banksake by twenty20.coza / geen fisiese takke
kliek-kliek
sosiale kalender by IOL
kliek-kliek
gesels met vriende / kollega langsaan
kliek-kliek

einde van ‘n interaktiewe maand
kliek.

Klein gode

klein gode
in ons magtige tegnologiese koninkryk

heeldag met vingers en oë
vasgenael
in silikoonwêreldtjie

kommunikeer met medegode
deur druk van knoppie
gesigloos, gesigloos ken ons mekaar

klein gode
in ons oorvol tegnologiese koninkryk.

Kralestring RK

kraal vir kraal
ryg ek jou in

pynkrale, verlangekrale,
begeertekrale, hartskrale,
wens-ek-vergeetkrale

glip ‘n skeidingskraal tussenin,

ek-verlangkrale,
staak-om-my-te-belkrale

hierdie string kan ek net nie neersit!

Dromerman RK

Dromerman
Jy’s die lig in die dag
Die kleur in die veld

Dromerman
Jy’s die lig in my nag
Die man op die maan

Dromerman
Jy’s die lied in my siel
Die galop van my hart

Dromerman
Jy’s die glinster in my oog
Die klingel in my lag

Dromerman
Jy’s die droom in my dag
Die verlange snags

Dromerman
Jy’s my droom bewaarheid!

die trippeldans

jubel juig
gooi ‘n blaar in ‘n stroom
trippel dans
onder blommekrans

marionet in jou hande

staan ek aan my toutjies
reg om te dans op elke beweging van jou hande

elke dag laat jy my aan die toutjies dans
tot eendag dat jy my hoog op die kas gegooi
en vergeet

te lank was ek jou toutjiepop
noudat die toue gebreek,
kan ek nie op my eie dans

nou’s ek ‘n marionet
in die hande van my emosies

geen antwoorde

hoe kan ‘n vlerklose engel vlieg?
waarnatoe gaan die engel dan?
wat doen die engel dan?

Die Heer weet alleen.

kan ‘n hartverlore persoon nog liefhê?
voortbestaan?
en aangaan?

Die Heer weet alleen,
En die tyd sal leer.

Wensdenker is ‘n mens

as ek maar ‘n voëltjie was
kon ek dalk vlieg –
as my vere nie geknip is.
nou is ek ‘n mens,
sielsongelukkig in my eie kou.

was ek maar ‘n arend
wat op lugstrome kon sweef
nou is ek eenvoudig mens
vasgeklamp

as ek maar kon vlug –
deure vasketting
vensters toespyker,
sou ek dalk kon asemhaal
maar nou is ek eenvoudig mens
met geen eie lewe

net
‘n mens

VlinderVrouKind

Ek kan weer vlieg!

Op die wolke
Saam die vlinders
Voor die wind

Ek is weer kind!

Op die wolke
Saam die vlinders
Voor die wind

Ek, enkelvrou!

Op die wolke
Saam die vlinders
Voor die wind

vlinder breek uit kokon
stowwerig, gehawend
en vlug verder weg
na ‘n donker naghoek
en verkrummel tot stof…